Slag van Agincourt

Slag van Agincourt
Engels: Battle of Agincourt
Frans: Bataille d'Azincourt
Deel van die Honderdjarige oorlog

Slag van Agincourt, 15de-eeuse skildery
Datum 25 Oktober (Sint Krispynsdag) 1415
Ligging Agincourt, Frankryk
Resultaat Engelse oorwinning
Strydende partye
Koninkryk van Engeland Koninkryk van Frankryk
Bevelvoerders
Hendrik V van Engeland Karel VI van Frankryk
Sterkte
Ongeveer 6 000; 5/6 langboogskutters, 1/6 dismounted men-at-arms. Tussen 20 000 en 30 000 Geskat op 1/6 kruiboogskutters en boogskutters, 1/2 gens d'armes, 1/3 berede ridders.
Ongevalle
100-250 Ongevalle[1] Ongeveer 6 000

Die Slag van Agincourt (ook bekend as die Slag van Azincourt) het op 25 Oktober 1415 tydens die Honderdjarige oorlog tussen die leër van koning Hendrik V van Engeland en dié van Karel VI van Frankryk plaasgevind. Die Koninkryk van Engeland het 'n oorwinning oor die swaar geharnaste Franse kavallerie behaal, wat weens die swaar reënval tydens die slag moes afsaal. Die Franse ruiters het gegly en gesukkel in die modder en gevolglik swaar verliese gely deur die storm pyle wat op hul neergereën het.

Die slag het daartoe gelei dat die noorde van Frankryk onder Engelse heerskappy geval het. Tonele van die veldslag vorm deel van William Shakespeare se drama, Henry V.[2]

  1. Trevor Dupuy, Harper Encyclopedia of Military History. p. 450. However, "..it is likely that casualties were substantially greater than this."
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search